Senior Primêr halfeindstryde

Die kwarteindstryde van die Senior Primêr-afdeling het twee spannende wedstryde opgelewer en is gewen die Laerskool Wierdapark en Midstream Ridge Primary. Hulle ontmoet nou gister se groepswenners in die halfeindstryde. Wedstrydbepalings is as volg:

  • Laerskool Swartkop teen Laerskool Wierdapark – wedstryd begin om 09:50
  • Crawford College teen Midstream Ridge Primary – wedstryd begin om 10:40

Sterkte aan die vier spanne, mag die beste spanne wen!

Daar was drama… maar die senior primêre afdeling se bepalings vir die uitspeelwedstryde is bekend!

Sjoe, In groep A het drie spanne met twee wenne elk geëindig maar nadat al die uitslae nagesien is kon ‘n bepaling gemaak word op grond van die hoeveelheid skaakmat-uitslae. Die plasing is as volg:

Groep A

  1. Crawford College
  2. Laerskool Wierdapark
  3. Midstream Ridge Primary
  4. Centurion Christelike Laerskool
  5. Gereformeerde Skool Dirk Postma

Groep B

  1. Laerskool Swartkop
  2. Laerskool Wonderboom
  3. Laerskool Raslouw
  4. Sonneveld Akademie
  5. Laerskool Rachel de Beer

Twee twee groepwenners dring direk deur na die halfeindstryd en die ander vier spanne pak mekaar in die halfeindstryde. Spel begin stiptelik om 08:10.

Die bepalings vir Junior Primêr se uitspeelwedstryde is in!

Na ‘n moeilike paar wedstryde is die halfeindstryde vir die Junior Sekondêre afdeling van 2017 se spanskaak by die Arnold Classic Africa bekend:

  • Crawford College pak Laerskool Wierdapark 08:10 in die eerste halfeindstryd,
  • Laerskool Wonderboom (A) pak Laerskool Wonderboom (B) om 09:00 in die tweede halfeindstryd!

Baie sterkte vir die spanne! Ons weet julle sien baie uit na die geleentheid…

Aan Laerskool Raslouw en Midstream Ridge se spanne wat uitgeval het: Baie dankie dat julle hier was en dat julle so lekker skaak gespeel het! Volgende jaar maak ons weer so.