
All posts by admin


En die wenner is… (Hoërskole)
Die wenner van 2017 se weergawe van spanskaak by die Arnold Classic is Hoërskool Rustenburg. Baie geluk aan die klomp seuns, hule was die enigste span wat hulle titel suksesvol verdedig het. Sien julle weer volgende jaar!

En die wenner is… (Senior Primêr)
Die senior primêre eindstryd by die Arnold Classic Africa was baie spanningsvol en het amper die volle tydsduur geneem om skaakmat te bewerkstellig maar op die ou end het Crawford College as wenners uit die stryd getree teen Laerskool Wierdapark.
Trotse wenners en kampioene vir die volgende jaar!

En die wenner is… (Junior Primêr)
Laerskool Wonderboom!!! Baie geluk aan die span wat die Junior Primêre afdeling van die spanskaak by die Arnold Classic Africa gewen het!
Dit is voorwaar ‘n prestasie…
Senior Primêr se finaal is oppad
Twee spannende wedstryde, maar baie kontrasterend! Laerskool Swartkop en Laerskool Wierdapark was in ‘n titaniese stryd en uiteindelik het Laerskool Wierdapark gewen. Dit was Laerskool Swartkop se eerste verloor in die twee jaar wat die toernooi bestaan!
Crawford College en Midstream Ridge Primary het besluit om spoedskaak te speel en in die warrelwindwedstryd het Crawford College as die wenners uitgetree.
Die finaal word dus gespeel tussen Crawford College en Laerskool Wierdapark. Op grond van die vorige uitslae tydens die toernooi is Laerskool Swartkop aangewys as die bronsmedalje wenners!