Daar was drama… maar die senior primêre afdeling se bepalings vir die uitspeelwedstryde is bekend!

Sjoe, In groep A het drie spanne met twee wenne elk geëindig maar nadat al die uitslae nagesien is kon ‘n bepaling gemaak word op grond van die hoeveelheid skaakmat-uitslae. Die plasing is as volg:

Groep A

  1. Crawford College
  2. Laerskool Wierdapark
  3. Midstream Ridge Primary
  4. Centurion Christelike Laerskool
  5. Gereformeerde Skool Dirk Postma

Groep B

  1. Laerskool Swartkop
  2. Laerskool Wonderboom
  3. Laerskool Raslouw
  4. Sonneveld Akademie
  5. Laerskool Rachel de Beer

Twee twee groepwenners dring direk deur na die halfeindstryd en die ander vier spanne pak mekaar in die halfeindstryde. Spel begin stiptelik om 08:10.