Arnold Classic Africa 2017 is aan die gang!

Die tweede weergawe van die Arnold Classic Africa het vroegoggend afgeskop en ons spanskaakkompetisie was een van die heel eerste kompetisies wat afgeskop het. Meer as twintig spanne, verteenwoordigend van ‘n paar provinsies regoor die noordelike dele van Suid-Afrika neem in drie kategorieë deel om te bepaal wie die beste spanskaakspelers vir 2017 gaan wees.

Dit is Laerskool Raslouw teen Laerskool Wierdapark, Crawford College teen Victory House, en so gaan dit aan! Die aksie is witwarm en die toeskouers staan gespanne rond…

As jy nog nie hier is nie, waarvoor wag jy?