UITSLAG: Tweede SPUR-Spanskaak kompetisie, Centurion Mall

Meer spanne het die keer by Centurion Mall se SPUR deelgeneem – dit was te lekker! ‘n Goeie gees het geheers en die kinders het weereens dit geniet, nie net die skaak nie, maar ook die lekker burgers … en hulle het weereens ‘n gratis ete-geskenkbewys gekry. Ek hoop die ouers sal hulle SPUR toe neem vir hierdie een. Dankie vir almal se goeie gesindheid.

Die uitslae was soos volg (in hakies is die punte wat deur wenspanne ingesamel is):

Seniors:

Midstream (2) WEN Bakenkop

Swartkop (2) WEN Dirk Postma

Wierdapark (2) WEN Raslouw

Dirk Postma (2) WEN Wierdapark

Midstream (2) WEN Raslouw

Juniors:

Midstream (2) WEN Wierdapark

Wierdapark (2) WEN Raslouw

Die volgende SPUR-kompetisie is Dinsdag, 28 Maart 2017, by die SPUR in Jeanlaan. Ek hoop ek sien julle almal weer daar… Daar sal weer ‘n hamburger vir die deelnemers wees.

Vul die inskrywingsvorm in waarvolgens ek dan die bepalings gaan maak vir die wedstryde by Jeanlaan se SPUR.

Inskrywingsvorm: SPUR-kompetisie – Jeanlaan op 28 Maart 2017

<–Vorm is verwyder aangesien inskrywings gesluit het–>

Ek sal na die kwartaal se wedstryde ‘n opsomming stuur om te wys watter spanne die voortou neem. Dankie vir julle deelname.

Ek stuur later die week ook die inskrywingsvorm vir die ARNOLD CLASSIC wat weer by die Sandton Convention Centre gaan plaasvind op die 5 en 6de Mei – die grote vir die jaar. Moet dit nie mis nie!