SPANSKAAK 2de wedstryd in SPUR kompetisie 2017

SPUR-SPANSKAAK kompetisie 2017 is ‘n WENNER!

Die eerste SPUR-spanskaak kompetisie wat op 21 Februarie 2017 by KIOWA-SPUR plaasgevind het, het skitterend verloop. Baie dankie vir die spanne wat deelgeneem het. Die spelers het dit baie geniet en die Spur-burgers wat elke speler gratis gekry het, was nie te versmaai nie. Behalwe vir die hamburgers het KIOWA-SPUR boonop vir al die deelnemers ook eetbewyse gegee. Ouers, gaan eet maar weer by die SPUR – die kinders verdien nog ‘n kuier by Kiowa.

Baie dankie aan Kiowa Spur in Centurion, julle was ‘n wonderlike gasheer!

KIOWA SPUR – Anthea en jou span, vir almal wat die aand moontlik gemaak het, ons waardeer dit! Julle het ons taak vergemaklik om die skaakbord/mat binne die SPUR op te slaan. Ons sou aanvanklik buite by die ingang van Kiowa Spur speel, maar die reen het dit genoodsaak dat ons binne moet speel.

Amptelike uitslae – Die volgende spanne was teenwoordig en die wenspanne het 2 punte (in hakies agter wenspan) verdien in die kompetisie:

Laerskool Seniors:

Wedstryd 1: Swartkop (2) vs Raslouw Ratels

Wedstryd 2: Midstream Ridge (2) vs Dirk Postma

Wedstryd 3: Dirk Postma (2) vs Raslouw Leeus

Laerskool Juniors:

Wedstryd 4: Midstream (2) vs Raslouw

Sekere spanne het hul wedstryde gewen voordat die amptelike tyd (15 minute per span) verby was en dit het dit moontlik gemaak dat ons met behulp van lootjies bepaal het dat sekere spanne weer teen mekaar kon speel. Die hoogtepunt van hierdie vriendskaplike wedstryde was dat Dirk Postma weer teen Midstream te staan gekom het en hier het Dirk Postma net-net met tyd (6 sekondes) gewen. Dit was natuurlik vriendskaplik en het nie 2 punte vir hierdie wedstryd verdien nie, maar Dirk Postma het verseker met ‘n lekker hart na Waverley gery na die afloop van die kompetisie. Dirk Postma is hierdie jaar duidelik meer voorbereid.

Kyk gerus na die foto’s by die volgende skakel: https://goo.gl/photos/hneWK8dZBLiGeqVLA

Ek gaan vorentoe na die webtuiste verwys as daar nuwe wedstryde/kompetisies op hande is en die inskrywings gaan ook hier plaasvind. Ignoreer asb die vorige epos waar die verskillende Spur’s en datums verskyn het. As gevolg van die langnaweek in Maart het daar ‘n verandering plaasgevind. Intussen het die Santa Rosa Spur reeds ingestem om die Spanskaak-wedstryde, wat die 21ste Maart daar sou plaasvind, te verskuif na die 28ste Maart. Dankie Jonnathan.

Die datums en SPUR-name vir die oorblywende wedstryde van die SPUR-spanskaak kompetisie 2017 is soos volg:

7 Maart: Hawk Lake Spur (Centurion Mall)

28 Maart: Santa Rosa Spur (Jean Laan)

25 April: Tawny Eagle Spur (Southdowns)

16 Mei: Eagle Rock (Forest Hill)

30 Mei: Santa Rosa (Jean Laan)

6 Junie: Thunder Ridge Spur (Rooihuiskraalweg)

25 Julie: Tucson Spur (Elarduspark)

8 Augustus: Wild Hawk Spur (Irene Mall)

22 Augustus: Prairie Eagle Spur (Willem Botha)

19 September: Arapaho Spur (Menlyn)

10 Oktober: Wild Hawk (Irene Mall)

Neem asseblief kennis dat alle wedstryde tussen 17:00 en 20:00 beslis word. Probeer asseblief reeds teen 16:45 by die SPUR wees.

Daar is nuwe skole/spanne wat geskakel het wat lukraak wil deelneem – veral skole/spanne wat hierdie skaak-konsep nog nie ken of beleef het nie. Daarom stuur ek elke keer voor ‘n kompetisie-datum ‘n nuwe inskrywingsvorm. Die SPANSKAAK se webtuiste-skakel sal voor elke kompetisiedatum gestuur word en hierop is die versoek dat spanne van skole hier sal inskryf (soos ook in hierdie geval – sien onderstaande vorm). Ek waardeer julle samewerking in die verband.

7 Maart se SPUR Spanskaak-wedstryde:

Die 7de Maart se SPUR-spanskaak-wedstryde is dus by HAWK LAKE SPUR by Centurion Mall. Vul asseblief die volgende vorm in sodat ons kan bepaal watter spanne by hierdie SPUR gaan deelneem:

<–Vorm is verwyder–>

Baie dankie vir julle goeie samewerking en ondersteuning. Ons oefen reeds lekker vir die GROTE op 5 en 6 Mei wanneer die 2de ARNOLD CLASSIC SPORT FESTIVAL by Sandton Convention Centre gaan plaasvind. Ons almal sien baie uit daarna …