SPUR Spanskaak-kompetisie Februarie 2017 tot Oktober 2017

Dinsdag, 21 Februarie 2017 is die afskop van hierdie kompetisie. Kiowa Spur kom eerste aan die beurt. Agt spanne skryf by elke geleentheid in en die bepaling sal deurgekommunikeer word. Die eerste wedstryd begin om 17:00 en die spanskaak-kompetisie vir die aand eindig om 20:00.

Die laaste wedstryd van die aand word beslis tussen een van die spanne, wat op grond van ‘n trekking gemaak gaan word, en die celebrity. Die celebrity is telkens by elke geleentheid ‘n verrassing. (Die vorige oefenlopie by Eagle Rock SPUR was Blackie Swart ons celebrity … en het hy nou nie vasgeval teen Crawford College se spannetjie nie? Sien foto.)

Geen inskrywingsgeld word by hierdie eerste SPUR-kompetisie gehef nie. Elke deelnemer (speler) ontvang ook ‘n gratis eetbewys. Kom geniet dit net! Ouers – kom saam en kyk hoe julle kinders speel …

Vul gerus die vorm in vir verdere inligting.

<–Vorm is verwyder–>