8 skole, 18 spanne, 101 spelers – net een wenner!

Vandag se spanskaaktoernooi by Laerskool Raslouw was dalk by tye effens ontwrig as gevolg van reën, maar die wedstryde het in ‘n goeie gees plaasgevind en die wenners moes uithaal om bo uit te kom!

Uiteindelik was Laerskool Wonderboom die wenners in beide die junior en senior afdelings van die toernooi. Baie geluk aan julle!

Volledige uitslae en meer foto’s van die dag volg binnekort…