Analiseer die wedstryd: Hoërskool Rustenburg vs Crawford College – Eindstryd

Senior Primêr se finaal is oppad

Twee spannende wedstryde, maar baie kontrasterend! Laerskool Swartkop en Laerskool Wierdapark was in ‘n titaniese stryd en uiteindelik het Laerskool Wierdapark gewen. Dit was Laerskool Swartkop se eerste verloor in die twee jaar wat die toernooi bestaan!

Crawford College en Midstream Ridge Primary het besluit om spoedskaak te speel en in die warrelwindwedstryd het Crawford College as die wenners uitgetree.

Die finaal word dus gespeel tussen Crawford College en Laerskool Wierdapark. Op grond van die vorige uitslae tydens die toernooi is Laerskool Swartkop aangewys as die bronsmedalje wenners!